
Nuut: Toesprake gelewer op Solidariteit Navorsingsinstituut se konferensie oor Eskom se tariefverhogings van 3 Desember 2009 – klik hier.
Baie welkom by die Instituut vir Grondwetlike en Arbeidsregtelike Studies se webblad. Hierdie webblad is jou bron van inligting oor grondwetlike en arbeidsregtelike kwessies.
Die Instituut is ‘n inisiatief van Solidariteit en het in Februarie 2008 ontstaan vanuit die besef dat ‘n entiteit daargestel moet word om sekere grondwetlike en arbeidsregtelike kwessies, wat later breedvoeriger bespreek word, in die Suid-Afrikaanse samelewing aan te pak.
Die Handves van Menseregte van ons Grondwet verwoord ‘n aantal verskanste regte wat vir elke Suid-Afrikaanse burger daargestel is. Alhoewel die doelwitte van die Grondwet edel is, het dit spoedig in die nuwe bedeling duidelik geword dat die verskanste regte ontgin en ontsluit moet word ten einde regskrag daaraan te gee. Die ondermyning van grondwetlike regte word elke dag meer sigbaar en dit is vir ons belangrik dat hierdie probleem aangepak moet word.